EMFULENI --- WHEELS AT THE VAAL--2010.

Die skou is nou verby maar was ons mees suksesvolle skou tot hiertoe.

Kliek hier vir die wenners van ons "Raffle".

Kliek hier vir 'n boodskap van ons Hoof Organiseerer

Kliek hier vir prente (nog nie voltooi nie)

 
    U word vriendelik uitgenooi om vanaf 4 tot 5 September 2010 ’n draai te kom maak by die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit, Vanderbijlpark. Vaal ou Wieleklub se jaarlikse "Wheels at the Vaal" tentoonstelling vind vir die tiende keer plaas. Vanjaar gaan dit die grootste lewende kultuurfees in die land wees.

NORTH WEST UNIVERSITY - VAALDRIEHOEKKAMPUS  
Die kampus is geleë op ’n 118-hektaar natuurreservaat met meer as twee kilometer rivierfront. Die kampus is geleë in Hendrik van Eck Boulevard, Vanderbijlpark.  Die kampus met sy pragtige bome en grasperke is die ideale plek vir dié tipe uitstallings.  Die teenwoordigheid van  blouwildebeeste, blesbokke, gemsbokke en springbokke verleen ’n besonderse atmosfeer. Die kampus is goed ontwikkel met lapas, geboue, piekniekplekke, voldoende parkeerplek, uitstalruimte en goeie sekuriteit.   
Druk hier vir kaarte.
 

GROOTSTE LEWENDE KULTUURFEES IN SUID-AFRIKA
Die fees was in die verlede net daarop gemik om die trotse eienaars van veteraanvoertuie die geleentheid te gee om te kom spog. Die klublede bestaan egter nie net uit versamelaars van veteraanvoertuie nie en daar is besluit om in almal se behoeftes te voorsien. Die klub het verder ‘n verantwoordelikheid om die kultuur en kultuurgoedere te bewaar. Die besoekers se mond sal water en trane in die oë kry van verlange na die verlede. Kyk na ons spyskaart en ons is seker u sal graag deel daarvan wil wees.

ONS SPYSKAART:

  • Uitstalling van ou voertuie:
    Die uitstalling is nie net vir lede van die klub nie, almal wat trots is op hul veteraanvoertuie of wat ’n versamelitem besit, word genooi om te kom uitstal. Vanjaar gaan ons besondere klem lê op voertuie met kopligte. Nie net motors nie, maar alles wat wiele het, word verwelkom. Bring dus u ou motor, trekker, bakkie, motorfiets, stoomenjin, statiese enjin of wat ook al wiele het en kom vertoon dit.  Geen nuwe voertuig sal tussen die veteraanvoertuie by die uitstalling toegelaat word nie. Slegs voertuie dertig jaar of en ouer en eksklusiewe voertuie word toegelaat.
  • Landbou afdeling:
    Kan u nog onthou hoe die voorgeslagte verskillende plaasimplemente gebruik het?  Wil u graag weet hoe hulle dit gedoen het? (Ons gaan mielies dors en die pitte maal vir u om pap tuis mee te maak.)  Die gereedskap sal op uitstalling wees en daar sal deurlopend demonstrasies wees van hoe dit gebruik is. Ons sal spesiaal mieliekoppe gaan optel in die lande naby Heilbron sodat daar vir twee dae genoeg sal wees vir demonstrasies.
  • Statiese enjins:
    Ons kan met trots sê dat ons die Guinness World Record met ons enjins in 2007 opgestel het. Lister, die vervaardiger van die statiese enjins, se enjins is wêreldwyd bekend. Al die enjins sal gereeld gedurende die dag aan die gang gesit word sodat u na die pragtige klank daarvan kan luister. Die enjin uitstalling is elke jaar die grootste in die land en geen ander uitstalling kry meer enjins nie.
  • Buitelewe uitstalling:
    Die terrein is uiters geskik vir ‘n buitelewe uitstalling. Ons het ‘n groot uitstalling in die vooruitsig wat in almal se smaak sal val. Volgens opnames wat gedoen is neem die tent en karavaanvakansies in gewildheid toe. Kom kyk hoe u u vakansie beter kan beplan en opknikker.
  • 4 x 4 Baan:
    Ons het spesiaal ‘n 4 x 4 baan gebou vir die geleentheid. Die baan is nie daar vir jaag doeleindes nie maar die bestuurder kan sy vaardigheid en die vermoë van sy voertuig toets teen R30 per rit.
  • BKB-plaaswerf -  van toeka se dae:
    Vanjaar gaan ons ‘n plaaswerf van toeka se dae op die kampus hê wat veral die stadsjapies se oë sal laat rek en die ouer garde ‘n traan sal laat stort. Dit gaan baie leersaam wees en heimweë oproep.
  1. Ons gaan room afskei, room karring en botter maak.
  2. Koffiebone brand, bone maal gereed vir sakkie-/moerkoffie.
  3. Uit ons byekorwe gaan ons heuning uitwaai en u kan met ‘n bottel vars heuning huiswaarts keer.
  4. Velle brei, rieme sny en swepe vleg. Die manne van Clanwilliam gaan demontreer hoe velskoene gemaak word. U kan self ‘n paar huis toe neem teen ‘n spesiale prys.
  5. Gansvere pluk en donskussings en –komberse maak en u kan dit selfs koop of  ‘n bestelling plaas.
  6. Mampoer stook, net bietjie proe en selfs koop vir gebruik by die huis. Dit is  vir die sterkes onder ons.
  7. Broodbak in ons buite-oond.
  8. Skape skeer, wol klas, spin en wolprodukte vervaardig.
  9. Ystersmeewerk op die tradisionele manier deur ‘n blacksmit.
  10. Kerse op die tradisionele manier gemaak van vet.
  11. Ons gaan vir u wys hoe syprodukte verwerk word vanaf die sywurm tot die eind produk.
  12. Dit gaan ‘n ondervinding wees om te sien hoe die kuipers van Radoux wynvaatjies maak. Hulle kom spesiaal vanaf die Boland om demonstrasies te lewer.
  • Kosstalletjies:
    Ons gaan vanjaar meer en beter stalletjies hê sodat u nie te lank hoef te wag om bedien te word nie.  Daar sal ’n groot verskeidenheid wees om van te kies. Honger sal u beslis nie ly nie. Die kosstalletjies word bedryf deur kerke en welsynsorganisasies. Dit gee aan hulle die geleentheid om noodsaaklike fondse te genereer.
  • Biertuin/koffiekroeg
    Dit gebeur mos, met veral die manne, dat mens gou dors word as mens sulke mooi goed sien.  Die biertuin sal in almal se behoeftes voorsien. Saterdagmiddag kan u die toetswedstryd tussen die Springbokke en die Wallabies dophou op die groot skerm in die Groot Lapa. Vir diegene wat graag rugby kyk vanuit ‘n koffiekroeg is daar goeie nuus. Ons het in die Groot Lapa op die walle van die rivier ‘n uitstekende koffiekroeg wat in al u behoeftes sal voorsien. Die dames van die kerk het die heerlikste gebak dit is beslis ‘n kuier werd.
  • HiQ Radiostasie:
    Ons radiostasie sal op die kampus uitsaai en elke persoon op die terrein sal dit kan hoor. Ons gaan behalwe mooi musiek ook onderhoude met uitstallers voer sodat u die eienaars agter die pronkstukke kan ontmoet. Toeskouers kan ook met ons vriendelike omroeper gesels. Amore Bekker van RSG sal weer in bevel wees van ons stasie. Die firma Africa Thatch gaan vir ons ‘n pragtige radiostasie oprig vir die fees.
  • Speelpark vir die kinders:
    Moenie u kinders tuis los nie.  Hulle kan baie kom leer en vir hulle is daar volop vermaak. Hulle kan dromtrein, trekker en sleepwa ry asook kameel en perd ry. Ons het baie ander vermaak vir die kinders. Ons verseker u dat hulle die uitstalling  vir lank sal onthou.
  • Trompoppies:
    Saterdagoggend is dit die skole se geleentheid om hul talente te wys in ‘n spesiale trompoppie fees.
  • Kuns en handwerk:
    Daar is altyd in die huis ’n plekkie vir iets moois.  Ons uitstallers sal in al daardie behoeftes voorsien.
  • Gabriel se vliegtuie:
    Die bekende vervaardiger van skokbrekers het gereël dat hulle vliegtuie toertjies en demonstrasies tydens die fees sal lewer.
  • Country aand:
    Hoekom wil u Saterdagaand vroeg huiswaarts keer. Gun uself ‘n naweek om te ontspan. Ons het countrysangers wat u op die kampus gaan vermaak. Die biertuin en kosstalletjies sal vir die res sorg. Die toegang beloop R20 per persoon en die hekinkomste gaan vir welsyn......waarom dan tuis bly. Die orkeste wat optree sal nie die Vuvuzela inspan om u te vermaak nie.
  • Coca Cola "Hop-on-Hop-off":
    Die Trekker en sleepwaens, donkie- of perdekarre sal u gratis van die parkeerplek na die uitstalling en op die kampus rondneem. U hoef dus nie bekommerd te wees dat u te ver sal hoef te stap nie. Daar is bepaalde stasies waar hulle stop en dit sal gerieflik wees vir ons toeskouers.
  • Wen ’n pragtige rooi Honda sportmotor:Ons almal begeer ’n mooi sportmotortjie veral as dit rooi is.  Die klub het ’n pragtige 1991 rooi Honda, in ’n puik toestand met ’n padwaardigheidsertifikaat, wat gewen kan word deur ’n R20-00 kaartjie te koop. Die motor se eerste eienaar was Leon Schuster. Miskien is u die gelukkige wenner. Kaartjies sal op die terrein beskikbaar wees by Vaal ou Wiele se inligtingstent. <Druk Hier vir besonderhede>
  • HiQ se Inligtingsgidse:
    Op die terrein sal daar pragtige jong dames beweeg wat seker sal maak dat u nie verdwaal of nie weet waar al die uitstallings is nie.
  • TOEGANG :
    Vir nie-uitstallers is die toegang slegs R20 per volwassene en R10 per skolier. Uitstallers betaal geen toegang vir hulself en een persoon in hul voertuig, daarna geld die gewone toegangsfooi.
  • NAVRAE:
    U is baie welkom om ons te skakel vir enige verdere inligting wat u benodig:
    Mauritz Meyer (Hooforganiseerder) 083 513 6632 of <mmeyer@webmail.co.za>
    Pieter van Rooyen (uitstallers) 082 338 9856 of <vanrooyenpc@mweb.co.za.>
    Rosie van Pype (stalletjies/administrasie)   (016) 910-3122
  • VERBLYF:
    Indien u verblyf  by ‘n gastehuis, chalet of hotel benodig skakel vir Rosie van Pype
    016 910-3122.
  • ALMAL IS WELKOM:
    Uit die voorafgaande is dit duidelik dat u nie mag wegbly nie.  U asook u familie en vriende word vriendelik uitgenooi om saam te kom kuier.  As almal na die tyd praat van Wheels at the Vaal se wonderlike uitstallings, u tog nie die een wees wat dit misgeloop het nie.  Onthou dit word slegs een keer per jaar gehou en die toegang is slegs R20-00 per volwassene en R10-00 per skolier. Die omgewing sal u in die regte stemming bring.

    Ons het ’n afspraak op 4 en 5 September 2010 !


Wen 'n droomkar.

Soos gewoonlik sal die club hierdie jaar weer 'n motor "raffle". Kaartjies teen R20.00 elk sal beskikbaar van klublede of die "inligtingstoonbank" wees. Die gelukkige wenner sal teen 14:00h op Sondag, 5 September  op die skougronde aangekondig word.

u Kan ook u kaartjie vooraf bestel as u die klub se kantoor skakel. <Druk hier vir besonderhede>

Hierdie jaar is die motor, soos ons vorige Voorsitter, Fanus Strydom, dit beskryf het "n Splinternuwe gebruikte "Honda Prelude".

Die motor is in uiterste pragtige toestand. Bykomend aan sy waarde is die feit dat sy vorige eienaar Suid Afrika se geliefkooste grapjas, Leon Schuster, was.

 

Die motor is gewen deur R. de Jongh - Kaartjie No.3760

1991 Honda Prelude 2.0
"Full House", Sondak,
en volle diens geskiedenis.



2de prys R1000.00 KONTANT




Tweede prys is deur F. de Kock - Kaartjie No.3108 gewen.



3rde prys R500.00 KONTANT




Derde prys is deur J.S.Marx - Kaartjie No.3210 gewen.